100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisiesersant aangekla van moord op haar man

Written by on March 11, 2025

‘n Polisiesersant het gister in die hof verskyn weens die moord op haar man en sy vriendin verlede jaar in Bosbokrand.

Die 42-jarige Nyiko Nyathi het haarself oorgegee by die Bosbokrand-polisiestasie waar sy gestasioneer is.

Haar man, Lawrence Mashego, is in Februarie 2024 jaar deur ‘n groep gewapende mans by sy huis in Boikutsong Trust ontvoer.

Hulle het twee voertuie geroof is na die huis in Zoeknoeg van sy vriendin Victoria Lebyane, op soek na bankkaarte.

Mpumalanga News berig sy was swanger en haal Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag aan:

“Met hul aankoms by Lebjane se woning het die oortreders Mashego beveel om aan die deur te klop. Hy het vinnig die huis binnegegaan en die deur weer toegemaak, maar sy aanvallers het daardeur geskiet en die egpaar doodgemaak. Hulle het toe die bankkaart uit haar sak gehaal en van die toneel gevlug.”

Vier ander mense word reeds verhoor weens die dubbele moord.

Witness Monareng het intussen skuldig gepleit en is tot 77 jaar tronkstraf gevonnis en is ‘n staatsgetuie.

Die sake teen die ander drie, Themba Mokoena, Thabang Malumane en Thabiso Malope duur voort.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, het hul ondersoek intussen bepaal Nyathi was die baasbrein agter die moorde.

Sy kan Woensdag vir borgtog aansoek doen.

Luister:

Sien ook: Sesde verdagte vas wat glo polisiebeampte vermoor