100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie vier Vala Umgodi suksesse

Written by on March 24, 2025

‘n 36-jarige vrou verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van oortreding van die Immigrasiewet, besit van gouddraende materiaal en onwettige myn toerusting.

Sy is gister tussen Ngodwana en Waterval Boven in hegtenis geneem na die polisie op ‘n wenk oor onwettige mynbou gereageer het. 

Saterdag is 30 mense, waaronder 26 ongedokumenteerde buitelanders en vier vermeende onwettige mynwerkers, in Pelgrimsrus gearresteer as deel van die Mpumalanga polisie se Operasie Vala Umgodi.

Dit was in samewerking met private sekuriteit in die Skoonplaas informele nedersetting en die Poniskraans ou mynskag uitgevoer. Daar is op toerusting en gouddraende materiaal beslag gelê. 

Nog ‘n man moet in die Ermelo-hof verskyn weens die besit van ‘n onwettige vuurwapen en springstof in die Weselton-area.