Polisie ontken vals bewerings van gesteelde liggame
Written by Mireille on December 31, 2024
Die polisie in Mpumalanga weerlê vals berigte op sosiale media oor 23 liggame wat uit ‘n lykshuis in Barberton gesteel is en ‘n kapingsvoorval naby die Mananga-grens.
Die polisie benadruk hierdie bewerings is van alle waarheid ontbloot.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, versoek die publiek om inligting te verifieer voordat dit versprei word, aangesien die verspreiding van vals nuus onnodige paniek veroorsaak.
Owerhede versoek mense om verdagte bedrywighede aan te meld vir behoorlike ondersoek.
Intussen is daar sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het.
Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105 000 voertuie voorgekeer en 18 235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings.
Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke.
Hy het ‘n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers.
Luister:
Sien ook: Ondersoek na hiena kind in Timbavati doodbyt
Foto: Die polisie tydens Operasie Basadi bedrywighede gister.