100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie lê beslag op R12m se onwettige goedere in Rocky Drift

Written by on March 10, 2025

‘n Multi-dissiplinêre polisie-operasie het Vrydag onwettige goedere en groen stene ter waarde van meer as R12 miljoen in Rocky Drift naby Witrivier gevind.

Die klopjag het 17 bergingseenhede geteiken nadat inligting daaroor ontvang is vanaf misdaadintelligensie.

Van die items waarop beslag gelê is, is kosmetiese ware, kos, vuurwerke en pille.

Volgens die waarnemende polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, word die vonds verbind met onwettige mynbedrywighede.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Luister:

Sien ook: Plan met slangteengif-tekort