Paasnaweek-padveiligheidsveldtog sal pogings tot 2 Mei verskerp
Written by Mireille on April 14, 2025
Die Mpumalanga regering stel sy Paas Padveiligheids-veldtog Woensdag by Alkmaar op die N4 bekend. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het gister ‘n padveiligheids- en wetstoepassingsprojek in die Oos-Kaap geloods. Sy sê haar departement sal as deel van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog hul pogings tot 2 Mei verskerp. Die Padveiligheidbestuurskorporasie het verlede jaar oor Paasnaweek 335 padsterftes aangeteken wat byna 33-persent meer is as die 252 in 2023. Creecy sê hulle sal op belangrike roetes fokus waar bykomende polisiëring nodig is.
Luister: