100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Brande woed voort in die Laeveld

Written by on July 10, 2024

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) sê hulle bestry vanoggend vier veldbrande.

Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert gister stoei om onder beheer te kry, en een het nuut ontstaan.

Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak te midde van volgehoue droë, warm toestande.

Lefpa vra mense om geen oop vure te maak nie.

Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie.

Erge brande woed voort, 9 Julie 13:23

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) beveg sedert Vrydag verskeie brande.

André Scheepers sê tans is vier* aktief in die streek: Twee is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area.

Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik bemoeilik.

Die wind en droë, warm toestande dryf die brande aan met meer as 4 500* ha veld en boorde wat afgebrand het.

Baie toerusting is ook op plase en plantasies verwoes.

Luister:

Mense is gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie.

Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie, met brandbestrydings-hulpbronne wat tot die uiterste beproef word.

Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.

Sien ook: Liggaam van pasgebore baba by Mjejane ontdek

*Die berig vanoggend het aangedui dit is twee vure met 1 000 ha sover verwoes. Die situasie het intussen vererger.


×