100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke’s Luck Potholes

Written by on September 2, 2024

Die polisie het ‘n ondersoek geopen na ‘n manlike toeris Saterdagmiddag by Bourke’s Luck Potholes na sy dood geval het.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê hulle is om ongeveer 15:30 na die toneel ontbied.

Die toeristeaantreklikheid is vir ure gesluit om die liggaam uit te haal.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Daar word vermoed dat hy oor ‘n reëling geklim, gegly en geval het.

Luister:

Sien ook: Petrolprys daal Woensdag tot laagste in maande


×