100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersoek na seun (16) tydens uitstappie sterf

Written by on October 14, 2024

Die polisie ondersoek die omstandighede van die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi die naweek.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan stap of jag.

Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie.

‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur.

Die ouer seun is dood gevind, en die jonger een is beseer.

Volgens Mdhluli lyk dit asof hulle in ‘n bergagtige area geval het.

Luister:

Sien ook: Drie vandag in hof na taxi-geweld man se lewe eis in Nkomazi


×