Ondersoek na hiëna kind in Timbavati doodbyt
Written by Mireille on December 31, 2024
Die polisie ondersoek die dood van ‘n driejarige meisie wat Vrydag deur ‘n hiëna by die Timbavati Privaat Natuurreservaat in Mpumalanga dood gebyt is.
Ntando Mhlaba en haar ma het haar pa besoek wat ‘n bewaarder is by een die privaat safari-oorde wat binne die groter reservaat bedryf word.
Die woordvoerder van die polisie in Limpopo, Malesela Ledwaba, sê die hiëna het Ntando gegryp en weggesleep terwyl sy met ‘n maatjie buite gespeel het.
Die hoofbewaarder by Timbavati, Edwin Pierce, het aan News24 gesê die voorval beklemtoon die inherente risiko daarvan om naby wilde diere te leef.
*Foto ter illustrasie
Sien ook: Afvaardigings van SA en Mosambiek vergader oor onlus