100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Musina-wildsboer vermis na hy uit Nelspruit vertrek

Written by on October 17, 2024

Gerhard Minnaar (50) van Sheldrake-wildsplaas in Musina het Dinsdagoggend vermis geraak met sy girokopter.

Volgens sy suster, Estelle Clements, het hy om ongeveer 08:30 vanaf die Ou Nelspruit-lughawe opgestyg op pad Musina toe.

Hy is die laaste opgemerk deur arbeiders in die omgewing van Louis Trichardt, om ongeveer 09:30.

“Die wind het baie gewaai en hulle het gesê hy het ‘n paar keer omgedraai en teruggedraai, maar toe het hulle hom nie weer gesien nie, deels weens digte mis.”

Sedertien kry niemand hom in die hande nie.

Polisie en private helikopters het gistermiddag na hom begin soek, en die soektog vanoggend hervat, sê sy.

Sy voeg by hy vlieg al báie lank. “Ons dink dit is net te wyte aan die slegte weer.”

Sien ook: Rondawels brand af in Krugerwildtuin


×