100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela deur groot kragonderbreking getref

Written by on July 19, 2024

‘n Groot gedeelte van Mbombela het tans nie elektrisiteit nie.

‘n Brand wat naby die hoofsubstasie woed verhoed Eskom om ‘n foutiewe stroombreker te herstel.

‘n Brand op die Kanyamazane-pad het ook ‘n transformator vernietig.

Verder veroorsaak veldbrande onder Eskom-lyne by die Delta-substasie kragonderbrekings.*

‘n Afsonderlike kragmas het ingegee, wat die Nelsrivier-substasie affekteer.

Valencia, Orchards, Kamagugu, die sentrale skakekern, West Acres en omliggende areas, Steiltes en Riverside word geraak.

Dit is onduidelik hoe lank dit gaan neem om te herstel.

Silulumanzi waarsku dit affekteer ook hul vermoë om water te pomp. Gebruik dit spaarsaam.

*Elektrisiteitstoevoer is intussen om 15:30 op die Delta-lyn herstel.

Sien ook: Drie verdagtes met olifanttande in Mbombela vasgetrek


×