Man gearresteer wat glo pa en oupa se grafte opgrawe in Masoyi
Written by Mireille on April 30, 2025
‘n 29-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy na bewering die grafte van sy pa en oupa in ‘n begraafplaas in Swalala in Masoyi naby Witrivier opgegrawe het.
Albei sy familielede is in 2010 begrawe.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sal hy aangekla word van die skending van die grafte wanneer hy vandag in die Masoyi-landdroshof verskyn.
Luister: