100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lily-myn tragedie vandag herdenk

Written by on February 5, 2025

ActionSA staan aan die spits van verrigtinge by die herdenking van die Lily-myntragedie wat nege jaar gelede in Low’s Creek buite Barberton plaasgevind het.

Vandag word die nagedagtenis van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda herdenk.

Die drie werkers se oorskot is sedert 2016 ondergronds vasgekeer ná die myn se ineenstorting.

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, is deur hul families aangestel om namens hulle op te tree.

Hy sê die party sal steeds druk op owerhede uitoefen om die werkers se oorskot te herwin.

Luister:

*Foto: Mashaba tydens ‘n vorige herdenking van die mynramp

Sien ook: Honderde miljoene op spel oor Onteieningswet