100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lewenslank vir sekerheidswag wat jongman op plaas doodskiet

Written by on June 26, 2024

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

‘n Sekuriteitswag is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê vir moord na hy op 5 Desember 2018 ‘n jongman doodgeskiet het.

Bhekimuzi Ziko (18) het saam met twee vriende en sy ouer broer werk gesoek tydens die lietsjie-oestyd op die plaas in Tenbosch naby Komatipoort waar Sarel Petrus du Plessis (53) as sekuriteitswag gewerk het.

Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Monica Nyuswa, het hy hulle as diewe aangesien.

Du Plessis is met ‘n addisionele 38 jaar gestraf deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg vir drie gevalle van poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, omdat hy ook op die ander drie geskiet het.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, was die vuurwapen ongelisensieerd.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Sien ook: Vier vermeende onwettige mynwerkers vasgetrek


×