VAKATURE  BESKIKBAAR: ADVERTENSIE VERKOPE 

100.5FM Radio Laeveld is opsoek na ‘n Bemarker gebaseer in Nelspruit om in die uitsaai area van die Laeveld die verkope van advertensies te hanteer.  Hierdie posisie word op ‘n kontrak basis teen kommissie op verkope aangebied en die geskikte persoon sal direk aan die stasie bestuurder rapporteer. 

Die geskikte persoon sal verantwoordelikheid vir die verkryging en effektiewe bestuur van nuwe en bestaande kliënte wees, volgens verkoopsdoelwitte soos bepaal deur die stasie, asook die bevordering van optimale besigheid verhoudings met die kliënte.

Beroepsvereistes:

  • Eie telefoon, vervoer en geldige rybewys
  • Maandelikse doelwitte en verkoopsyfers soos vooraf bepaal en ooreengekom, bereik.
  • Verkoop van radio advertensies volgens die bemarkers pligstaat, prosedures en sisteme in plek.
  • Verseker dat inkomste vereistes en waardetoevoeging bereik en gemeet word.
  • Bevorder langtermyn verhoudings met kliënte deur onder andere kliënte by te staan met die groei en ontwikkeling van sy besigheid deur radio advertensie veldtogte.
  • Opleiding en self-ondersoek om prestasie te verbeter.
  • Gereelde navorsing om op hoogte van neigings in die advertensie wêreld te wees, ten einde die beste kreatiewe blootstelling geleenthede aan kliënte te mag bied.

Minimum vereistes:

  • Matriek en bewese naskoolse kwalifikasie in bemarking en advertensie verkope
  • Ondervinding van ten minste drie jaar

Wat maak jou ‘n geskikte kandidaat?
Die geskikte persoon het sterk interpersoonlike eienskappe, goeie kommunikasie vermoeë in Afrikaans en Engels (verbaal en skriftelik), kan konstant onder druk presteer en spertye en doelwitte met gemak bereik. Die geskikte kandidaat is pro-aktief, kreatief, gedissiplineerd, verstaan die verkoop proses en kan met gemak verskillende tipes mense met uiteenlopende persoonlikhede hanteer en doen wat nodig is om die kontrak te beklink. Bestaande besigheid netwerke en die vermoë om flexi-tye te werk is ‘n voordeel.
Aansoek en kontak besonderhede:
Vir meer besonderhede kontak die Stasie Bestuurder skriftelik of heg ‘n volledige CV per epos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. aan. Sluitings datum is teen 31 Maart 2016 en slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Beskou aansoeke, onvoldoende as u nie sewe (7) dae na sluitingsdatum gekontak is nie.
100.5fm Radio Laeveld is ‘n Nie-Winsgewende Gemeenskap Radiostasie in die Laeveld van Mpumalanga en ondersteun graag billike aanstellings voorkeure wat geslag, ras, en gestremdhede insluit.

KONTAK ONS

Kontak asseblief die ontvangs vir al u navrae en behoeftes.

Ons ateljee nommer moet slegs gebruik word indien u met die aanbieder wil gesels wat op 'n spesifieke tyd 'n program aanbied en indien u wil deelneem aan die program of wanneer u 'n dringende padverslag wil doen oor 'n botsing ens.

As Gemeenskaps Radio is ons afhanklik van luisteraars en organisasies vir plaaslike nuus en u is welkom om ons te kontak met enige gebeure in jou streek.  Indien u met ons Nuuskantoor in verbinding wil kom kan u gedurende kantoor ure ons ontvangs hieronder skakel, of ons Nuusredakteur per e-pos kontak.

Posadres

Radio Laeveld
Posbus 9200
Sonpark
Nelspruit  1206

Ontvangs

013 741 2213/4 (Tel)
013 7412218    (Faks)                                                                                                                              
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

                                                                                                            

Nuusredakteur

Roelf van Jaarsveld
0832654266 (Tel)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

SMS
41911

Begin boodskap met RL ('n spasie en dan jou boodskap)
Die sms kos R1.50 (geen gratis sms'e geld)

Fisiese adres

Sonpark Kantoorpark
Fauriestraat 64
Sonpark
Nelspruit

Ateljee

013 741 1999 (Tel)
  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Stasiebestuurder

Robin Jansma
084 476 2465

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.