100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoërskool Nelspruit verwelkom nuwe rugbyspesialis

Written by on January 20, 2025

Hoërskool Nelspruit (NHS) het Ryno Luus verwelkom as die nuwe rugbyspesialis en hoofafrigter van die eerste rugbyspan.

Luus is oorspronklik van Alberton.

Hy bring nie net ’n passie vir rugby nie, maar ook ’n liefde vir sport in die algemeen na die rol.

Hy is ’n ervare rugbyspeler wat in die Varsitybeker vir UJ en Curriebeker vir die Leeus gespeel het.

Hoogtepunte van sy loopbaan sluit in om as die top puntemaker aangewys te word in 2008 tydens die Varsity Beker. Hy was ook UJ se o/20-speler van die jaar.

Verder was hy deel van die Lions-span wat in 2007 die Curriebeker gewen het.

As die sporthoof en rugbydirekteur by Hoërskool Marais Viljoen het hy o.m. Noordvaal-Bekerprestasies behaal en was hy die hoofafrigter van die o/18 Leeus Akademiespan wat as nasionale wenners gekroon is.

Sien ook: MTPA-werknemers ontwrig verkeer op Panorama-roete