100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hazyview ongeluk eis vier

Written by on July 22, 2024

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, betreur die dood van vier mense in ‘n trompop botsing vanoggend.

Volgens die departement het ‘n ligte afleweringsvoertuig en sportnutsvoertuig op die R40 buite Hazyview gebots.

Drie van die oorledenes was insittendes van die sportnutsvoertuig. Die bakkiebestuurder is ook dood.

Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Macie doen ‘n beroep op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam.

Luister:

Sien ook: Drie vasgetrek met olifanttande in Mbombela


×