100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Elektrisiteitsdiewe in Mbombela voorts swaarder gestraf

Written by on July 10, 2024

Die Mbombela-stadsraad het die implementering van ‘n nuwe boetestruktuur vir die diefstal van elektrisiteit en peuter met munisipale infrastruktuur aanvaar.

Volgens Ken Robertson, VF Plus-raadslid, wat die mosie voorgelê het, ly die munisipaliteit enorme finansiële verliese van 25% weens inwoners wat voorafbetaalde meters oorbrug en meer elektrisiteit verbruik as wat hulle aankoop of gratis van Mbombela ontvang.

Die vorige verordening se boete was ʼn skrale R500.

Die nuwe boetestruktuur vir huishoudings wissel nou van tussen R7 464 en R12 522 en regstappe.

Vir sakeondermenings begin boetes voorts by R18 440.

Die implementering van die boetestruktuur is nou as volg vir huishoudings:

  • Eerste oortreding sonder skade aan installasie: R7 464 tot R8 583.
  • Eerste oortreding met skade aan installasie: R9 571 – R11 000.
  • Tweede oortreding op ‘n tariefoortreding: R10 888 – R12 522.
  • Derde oortreding: regstappe en verwydering van meterinstallasie.

Vir sakeondermenings en ander groot kragverbruikers is die boetes as volg:

  • Eerste oortreding: R18 440 tot R21 207.
  • Tweede oortreding: regstappe en verwydering van meterinstallasie.

Sien ook: Opdatering: Brande woed voort in Laeveld


×