100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

EFT na en van Eswatini, Lesotho, Namibië volgende week opgeskort

Written by on September 2, 2024

Suid-Afrika stel volgende week aansienlike veranderings in met die elektroniese oordrag van fondse (EFT).

Van 9 September af sal elektroniese betalings tussen Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Eswatini opgeskort word.

Die verskuiwing is ter wille van voldoening aan internasionale teen-geldwassery-standaarde en beteken oorgrens-betalings sal nou die streeksbetalingstelsel en SWIFT gebruik.

Suid-Afrikaanse banke sal nie meer elektroniese betalings verwerk na en van die lande binne die gemeenskaplike monetêre gebied nie – ‘n stap wat talle besighede en individue sal raak.

Sien ook: Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke’s Luck


×