100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie aangekeer wat vrou skiet en wond

Written by on March 24, 2025

Drie verdagtes is Vrydag by Mjejane in Hectorspruit gearresteer op ‘n aanklag van poging tot moord.

Volgens die polisie in Komatipoort is twee van hulle wetstoepassers by Mbombela-munisipaliteit en een ‘n voormalige lid van die weermag.

Almal is in hul 50’s.

Dit volg na ‘n aanval, deur sowat nege mense, op ‘n 45-jarige vrou.

Hulle was ook met pangas gewapen en het haar gedreig voor sy geskiet en in die regterhand getref is. 

Die ander ses verdagtes word gesoek.