100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dodetal styg tot ses in botsing tussen skoolbus en trein

Written by on August 1, 2024

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, en die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, besoek vandag die toneel waar ses skoliere gister hul lewens verloor het toe hul bus met ‘n trein gebots het.

Die ongeluk het op die R104 by Mafube buite eNtokozweni plaasgevind toe die bus glo die spoorlyn oorgesteek het.

Daar was sowat 30 kinders van Morélig Primêre Skool op die bus.

Tien is ernstig beseer.

Die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Mmusi Moeti, sê die busbestuurder en die treindrywer het geringe beserings opgedoen.

Luister:

Die Minister of Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en LUR, Cathy Dlamini, besoek vanoggend die skool en die slagoffers se gesinne.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Sien ook: ‘Big Joe’ aangekla weens belastingoortreding


×