100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Botsing op N4 eis vier lewens

Written by on October 14, 2024

‘n Botsing tussen twee voertuie op die N4 buite Middelburg vroeg vanoggend het die lewens van vier mense geëis.

Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid was drie slagoffers insittendes van die bakkie, insluitend die bestuurder, en een ‘n passasier in die sedan.

‘n Baba tel onder die vier oorledenes.

Die bakkie het verskeie kere gerol.

Twee mense is kritiek beseer en die bestuurder van die sedan is in ‘n ernstige toestand.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Luister: ENG MoetionCaution

Sien ook: Waarskuwing weens hittegolf die naweek


×