100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

‘Big Joe’ aangekla weens belasting-oortreding

Written by on July 31, 2024

‘n Man wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstroping-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belasting-administrasie.
LUISTER DIE HELE BERIG HIER

Joseph “Big Joe” Nyalungu (60) en sy vrou, Dudu Alicia Mathumbu (56), word saam met hul maatskappy, Mjingo Projects and Transport Services, daarvan aangekla dat hulle versuim het om belasting te betaal.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, het die maatskappy se inkomstebelasting betrekking op 2015 tot 2023, Nyalungu se persoonlike inkomstebelasting op 2014 tot 2023 en Mathumbu s’n van 2011 tot 2023.
Die beraamde uitstaande bedrag word op R13 miljoen beraam.
Luister:

Elkeen is deur die Nelspruit-landdroshof borgtog van R1 000 toegestaan.
Die saak word oorgeplaas na die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Nelspruit en is uitgestel tot 12 Augustus.

×