Author: 100.5FM Nuus
Page: 54
Midde in die negatiewe nuus waarmee ons van alle kante oorval word, kan verbruikers breed glimlag oor die nuus dat petrol en diesel vanaf eerskomende Woensdag die laagste gaan wees in bykans vier jaar. Die prys van petrol, alle grade, daal met R1,73 per liter. Die groothandelprys vir diesel met 0,05% swael daal met R1,61 […]
Luister meer op jou radio.
Luister meer op jou radio.
In haar toespraak om meer inligting oor die riglyne wat sal geld wanneer Vlak 4 van die inperking op 1 Mei betree word te verskaf, het Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma op Woensdagaand ’n opskudding veroorsaak met die aankondiging dat die verkope van sigarette en ander tabakprodukte (insluitend e-sigarette) steeds onwettig bly. Dit is ʼn handomkeer van […]
Die portefeuljekomitee vir basiese onderwys sowel as ʼn verkose komitee oor onderwys en tegnologie, sport, kuns en kultuur het op Woensdagoggend 29 April vergader om oor ʼn moontlike plan vorentoe vir skole te gesels. Volgens die plan wat die departement van basiese onderwys aan lede van die parlement voorgelê het, sal onderwysers op Maandag 4 […]
Geen staat van inperking kan ʼn ware kreatiewe siel keer om skeppend te wees nie. So het die Laeveldse musikant en binnenshuise ontwerper, Henry-John Williams, so pas weer bewys. Radio Laeveld-luisteraars ken vir Henry-John goed vir sy program wat hy op ʼn Woensdagoggend aanbied, Dekor 101. In hierdie program deel hy wonderlike wenke met luisteraars […]
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het op Maandag 27 April besonderhede oor Suid-Afrika se nuutste Covid-19 infeksies in ‘n persverklaring deurgegee. Die aantal persone in Suid-Afrika wat met Covid-19 geïnfekteer is, staan op 4793. Daar is reeds 178 470 toetse gedoen. Op Maandag 27 April het die aantal sterftes weens die koronavirus op […]
Wanneer Suid-Afrika op 1 Mei Vlak 4 van die inperkingstyd binnegaan, sal almal verplig wees om gesigsmaskers te dra wanneer hulle in die openbaar beweeg. Dit sluit alle personeel en werkers van besighede wat oop mag wees in, maar ook enigeen wat buite die veiligheid van sy woonplek beweeg. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, […]
Luister meer op jou radio.
Luister meer op jou radio.