100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

ANC handhaaf skorsing van Mandla Msibi

Written by on July 30, 2024

Die skorsing van die ANC se voormalige tesourier in Mpumalanga, Mandla Msibi, is deur die party gehandhaaf.

Die nasionale tugkomitee van die ANC het sy skorsing bevestig vir die sabotasie van die ANC se 8 Januarie-viering in Mbombela deur ‘n betoging te reël.

Hy is in April deur die ANC in Mpumalanga vir drie jaar geskors. Twee jaar daarvan is opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

Ondanks versoeke vir ‘n strenger vonnis, het die komitee nou die skorsing onderskryf, en Msibi se appèl van die hand gewys.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula:

Luister: ENG MbalulaOnSuspension

Sien ook: 95 Llibiese burgers bly in aanhouding in Witrvier


×