100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afvaardigings van SA en Mosambiek vergader oor onlus

Written by on December 18, 2024

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, lei vandag ‘n afvaardiging vir gesprekke met Mosambiek oor veiligheid, handel en grensbeheer.

Dit volg na politieke onlus in Mosambiek ontstaan het na die onlangse verkiesing wat onder meer tot die sporadiese sluiting van die Lebombo-grenspos gelei het.

Dit is die week weer oopgestel, na nog ‘n tydelike sluiting na ‘n skietvoorval waarby Mosambiekse sekerheidsmagte en betogers betrokke was die naweek.

Die onluste volg op die land se bestrede verkiesing, maar die opposisieleier, Venâncio Mondlane van die Podemos-party, het gevra vir ‘n vreedsame week van rou wat Donderdag begin. Dit is om slagoffers van onlangse protesaksies en diegene wat hul lewens tydens die sikloon verloor het, te vereer.

Amnestie Internasionaal beraam meer as 100 mense is reeds dood.

Lees meer: Oproepe vir resolusie van konflik in Mosambiek

Mosambiek se  grondwetlike raad se verkiesingsuitspraak word ook Maandag verwag, en Mondlane sê dit kan Mosambiek se toekoms hervorm.

Die bilaterale samesprekings, by die Paradise Creek-gastehuis in Malalane sal ook ministers van verdediging, handel, die polisie, en binnelandse sake insluit.

Luister: 

Die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die Mosambiekse afvaardiging, onder leiding van hul minister van Buitelandse Sake en Samewerking, Veronica Dhlovo, verteenwoordig soortgelyke departemente.

Dit sal gevolg word deur ‘n besoek aan die Lebombo-grenspos.

Luister:


Continue reading