Verdagte gewond wat sekerheidswag by Riverside Mall doodskiet
Written by Mireille on April 21, 2025
‘n 35-jarige Mosambiekse man sal in die hof verskyn sodra hy genoegsaam van sy skietwonde herstel het vir die moord op ‘n sekuriteitswag by Riverside Mall in Nelspruit Vrydagaand.
Die polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, sê hy het drie verdagte mans genader toe die verdagte hom met ‘n AK-47 in die kop geskiet het.
’n Skietery met ander sekuriteit het ontstaan en die verdagtes het gevlug.
Die man wat in hegtenis geneem is, is gevind waar hy op die inkopiesentrum se dak weggekruip het.
Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.
Luister: