100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Padongelukke eis 18 oor Paasnaweek in Mpumalanga

Written by on April 21, 2025

Die Mpumanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het sy oproep aan motoriste herhaal om versigtig te bestuur en die padreëls te gehoorsaam ná nog ‘n noodlottige ongeluk.

‘n Veeldoelige voertuig en ‘n geartikuleerde vragmotor het Vrydagaand op die R35 tussen Bethal en Middelburg gebots.

Drie mense, insluitend ‘n kleuter, is dood. Drie mense het ernstige beserings opgedoen. Twee is lig beseer.

Die LUR sê die gedrag van sommige motoriste bly ‘n groot bekommernis en waarsku dat wetstoepassings sigbaarheid op alle prioriteitsroetes verhoog sal bly.

Altesaam 18 mense is tussen Donderdag en Saterdag in ongelukke dood.

Meer as 100 verdagtes is vir drink en bestuur in hegtenis geneem.

Verkeersbeamptes het sedert Donderdag meer as 13 500 voertuie gestop en nagegaan met 2 700 dagvaardings vir verskeie oortredings uitgereik. 

TRACN4 het regdeur vandag baie swaar verkeersvolumes voorspel.

Intussen is ’n massabegrafnis gister gehou vir agt van die slagoffers van die R40 ongeluk in Hoedspruit. 

Die 13 slagoffers is onherkenbaar verbrand toe ‘n minibus-taxi met ‘n bakkie gebots en aan die brand geslaan het in Februarie.

Tien was inwoners van Acornhoek.

Mpumalanga se premier, Mandla Ndlovu, het die hoofrede gelewer.

DNS-toetse het die identiteit van agt mense bevestig, terwyl twee gesinne steeds op uitslae wag.