Stroper na vermoede deur seekoei gedood in wildtuin
Written by Mireille on January 20, 2025
Die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van ‘n lyk, vermoedelik dié van ‘n stroper, wat in ‘n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte van die reservaat agtergelaat is.
Volgens die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, blyk dit dat drie individue die park oornag onwettig binnegekom het met die doel om misdaad te pleeg.
Hulle is na vermoede deur ‘n seekoei aangeval en een verdagte is noodlottig beseer.
Die ander twee moes die lyk na ‘n nabygeleë pad gedra het, waar dit vanoggend deur ‘n toeris opgemerk is.
Luister:
Phaahla vra dat die besoekers wat die toneel gesien het voor dit opgeruim kon word, nie foto’s en video’s daarvan op sosiale media deel nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
Sien ook: Vyf wat polisiebeampte glo vermoor, bly in aanhouding – Radio Laeveld