100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MTPA-werknemers ontwrig verkeer op Panorama-roete

Written by on January 20, 2025

Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT)  beplan om ‘n kriminele saak te open teen stakende werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Toerisme en Parke (MTPA).

Werknemers wat lojaal is aan amptenare wat onlangs afgedank of geskors is, ontwrig sedert verlede week verkeer op die Panorama-roete in die Laeveld.

Hulle moes Donderdag teruggekeer het werk toe, maar sommige toeriste-aantreklikhede was teen gister steeds ontoeganklik.

Linda Grimbeek van die KLCBT sê dit is industriële sabotasie waaronder die hele toerismebedryf ly.

Sy voeg by hulle hoop die MTPA-bestuur hanteer die saak met die dringendheid wat dit verdien, maar hulle sal self klagtes lê as dit nie teen vandag opgelos word nie.

Sien ook: Vyf in Nelspruit gearresteer na moord op polisiebeampte in Ermelo – Radio Laeveld