100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS weer Mpumalanga se topskool

Written by on January 15, 2025

Hoërskool Nelspruit (NHS) is amptelik aangewys as die beste skool in Mpumalanga, met ’n 100%-matriekslaagsyfer en ‘n totaal van 366 onderskeidings.

Sebastian van Heerden het nege onderskeidings en tel onder die topleerlinge in die provinsie.

Hoofdogter, Zoe Scheepers, het sewe A-simbole.

Hulle gesels met Sonop Ontbyt.

Luister weer:

Vier leerlinge het ook elk agt onderskeidings behaal: Henk Bezuidenhout, Bianca Knobel, Danielle Lombard en Rosemarie Oberholzer.

Saam met Zoe het Nicolene van Wijk, Carla Louw, Zane du Toit, Leonard du Plessis, Richard Dickson, Mienke de Ruiter en Telieze Coetzee elk sewe A’s.

Sien ook: Mpu verbeter tot 84,99% SLAAGSYFER – Radio Laeveld