Witklip-brand onder beheer terwyl hoë brandgevaar voortduur
Written by Mireille on December 6, 2024
‘n Brand wat Woensdagaand naby Witklip Dam ontstaan het, is gisteraand onder beheer gebring.
Volgens die Laeveld en Platorand Brandbeskermingsvereniging (Lefpa) het die reën gister daartoe bygedra.
Daar word vermoed dat dit ontstaan het weens weerlig.
André Scheepers van Lefpa sê die hoë brandgevaar toestande duur vandag in die Laeveld voort te midde van ‘n hittegolf.
Hy vra die publiek om geen vure te maak nie – en enige brande aan te meld by 086-066-3473.
Sien ook: Reddingspogings by Sabie-myn duur vandag voort – Radio Laeveld