100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie lê beslag op wapens in Sabie

Written by on October 25, 2024

Operasie Vala Umgodi het gister daartoe gelei dat daar op verskeie wapens en ammunisie beslag gelê is in Sabie.

Dit sluit ‘n AK-47, ‘n .38-spesiale rewolwer en ongeveer 1991 rondes ammunisie in.

Volgens die polisie was vermeende onwettige mynwerkers in ‘n skietgeveg in Sabie betrokke, toe hulle blitsig gereageer het.

‘n Groep van ongeveer 20 verdagtes het op die vlug geslaan met die polisie se aankoms en die twee vuurwapens en ammunisie laat val soos hulle gespaander het om weg te kom.

Die polisie soek na die verdagtes wat steeds op vrye voet is.

Sien ook: Leerlinge hospitaal toe weens vermeende voedselvergiftiging – Radio Laeveld


×