100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Leerlinge hospitaal toe weens vermeende voedselvergiftiging

Written by on October 25, 2024

Die 24 leerlinge aan die Laerskool Enzani in Matsulu wat weens vermoedelike voedselvergiftiging gister na Rob Ferreira-hospitaal gehaas is, is teen gisteraand ontslaan.

Hulle het na vermoede versnaperinge van ʼn plaaslike spaza-winkel geëet voor hulle maagpyn en naarheid ontwikkel het.

Dit is die sooveelste voorval op ʼn lys wat net langer word van gevalle van voedselvergiftiging van leerders in verskeie provinsies. Dit sluit in Gauteng, Limpopo en die Noord-Kaap. Ses kinders is onlangs in Soweto dood. ‘

‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, besoek vandag die skool:

Luister: ENG-SamboOnLearners

Verlede week het die provinsiale departement van gesondheid ‘n ondersoek gelas na ‘n vermoedelik voedselgedrewe siekte by Marhagi Sekondêre Skool in die Nkangala-distrik.

Sowat 30 leerlinge het maagkrampe, maagwerkings, kopseer, sooibrand en braking ondervind na hulle kerrievis en atjar geëet het wat by die skool verkoop word.

Meer as 20 is daarvoor in die hospitaal behandel.

Die Vryheidsfront Plus sê die onlangse sterftes en hospitalisering van ʼn groot aantal kinders wat volgens berigte giftige kos by spaza-winkels en straatsmouse gekoop het, toon hoe swak bestaande wette en verordeninge toegepas en polisieer word.

Philip van Staden sê die polisiëring van informele voedselverkooppunte moet onmiddellik verskerp word.

Luister: AFR PhiliponPoisonous.mp3

Rise Mzansi vra ook vir strenger toepassing en regulasies na die vlaag voorvalle.

‘n Woordvoerder, Makashule Gan, vra ‘n multi-dissiplinêre ondersoek, insluitend ‘n hersiening van waar spaza-winkels en kleinhandelaars hul aankope doen. 

Luister: ENG GanaOnRegularUpdates

Sien ook: Curro slimkop werk hard vir universiteitstoer – Radio Laeveld

 


×