100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ongeluk eis ouers, drie dogtertjies

Written by on October 25, 2024

‘n Pa, ma en drie van hul vier dogters is gisteraand dood in ‘n ongeluk op die N4 toe ‘n vragmotor trompop met hul motor gebots het.

Die ouerpaar is geïdentifiseer as Pieter en Chantelle Herbst.

Die vierde kind is ernstig beseer en word in die hospitaal gehandel.

Die voorval het op die N4 Schoemanskloof tussen Machadodorp en Nelspruit plaasgevind.

Die bestuuder van die vragmotor is ongedeerd.

Moeti Mmusi, die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, bevestig dat vyf sake van strafbare mansslag ondersoek word.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Sien ook: 2 000 dae herdenk sedert Lily Myn-waak begin – Radio Laeveld


Continue reading

×