100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

2 000 dae herdenk sedert Lily Myn-waak begin

Written by on October 22, 2024

Die families van die drie Lily-mynwerkers wat op 5 Februarie 2016 dood is toe ‘n mynskag ineengestort het, sê hulle het hoop verloor dat hul oorskot herwin sal word.

Die families van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda het Sondag ʼn gebedsdiens gehou om 2 000 dae te gedenk sedert hul waak buite die myn in Low’s Creek naby Barberton begin het.

‘n Voormalige mynwerker en die families se woordvoerder, Harry Mazibuko, sê hulle wil hulle begrawe met die waardigheid wat hulle verdien.

ActionSA het ook ‘n beroep gedoen op die regering om geregtigheid te herstel deur die oorskot van die slagoffers te herwin en diegene wat verantwoordelik is vir die ramp, tot verantwoording te roep.

Die ActionSA-lid, Thoko Mashiane, sê die regering het die families se pleidooie vir ondersteuning en geregtigheid geïgnoreer:

Luister: 

Die families het ‘n jaar gelede aan ActionSA volmag gegee om namens hulle kriminele en siviele litigasie in te stel vir die skade wat hulle sedert die ineenstorting van die mynskag gely het.

Lees meer: Lily-myn: ActionSA tree nou amptelik op namens families


Continue reading

×