100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pa van Malalane bly in aanhouding weens aanklagte van verkragting

Written by on October 22, 2024

‘n 41-jarige man van Malalane het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn vir die beweerde verkragting van sy drie dogters.

Hulle is onderskeidelik ses, 10 en 13 jaar oud.

Hul biologiese pa bly in aanhouding.

Hy kan op 7 November om borgtog aansoek doen.

Malalane-pa gearresteer vir beweerde verkragting, 21 Oktober

‘n 41-jarige man van Malalane verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof vir die beweerde verkragting van twee van sy dogters.

Hulle is onderskeidelik ses en 10 jaar oud.

Volgens die polisie het hul ouer sussie haar maatjie vertel, wat die saak by onderwysers aangemeld het.

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling is betrek en die saak is aan die polisie rapporteer.

Die kinders is medies ondersoek en hul biologiese pa is Saterdag gearresteer.

Al drie dogters en ‘n seun is voorlopig uit hul ouers te sorg verwyder.

Sien ook: Liggaam van vermiste wildsboer gevind na vliegongeluk


Continue reading

×