100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eenheid gestig om politieke moorde te ondersoek

Written by on October 9, 2024

Die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek.

Daar was sedert 1998 ‘n aantal hoëprofiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit.

Jimmy Mohlala was die speaker in Mbombela-munisipaliteit; Sammy Mpatlanyane was die hoof van kommunikasie in die Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning; en Johan Ndlovu was die hoofsweep in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit.

Teboho Sekaledi van die DA sê hulle hoop dat hierdie sake uiteindelik opgelos sal word.

Luister:

“Hul gesinne moenie hierdie keer vals hoop gegee word nie,” sê hy.

Mohlala was ‘n fluitjieblaser oor die korrupsie rondom die bou van Mbombela-stadion. Hy is op 4 Januarie 2009 by sy huis doodgeskiet.

Mpatlanyane is op 8 Januarie 2010 by sy huis vermoor na hy, na bewering, kapsie aangeteken het teen ‘n tender vir ‘n musiekproduksie.

Op 5 Januarie 2011 is Ndlovu doodgeskiet. Volgens sy familie was dit weens ‘n politieke geveg oor posisies voor die plaaslike verkiesing daardie jaar.

Verskeie ander polities-gemotiveerde moorde is sedertien in Mpumalanga gepleeg.

“Iemand, iewers weet iets en ons doen ‘n beroep op hulle om na vore te kom en die eenheid te help om die sake op te los,” sê Sekaledi.


×