100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela-toets teen Argentinië uitverkoop

Written by on September 16, 2024

Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag in Mbombela is volledig uitverkoop.

Die Springbokke het nog nooit ‘n toets by Mbombela-stadion (met ‘n kapasiteit van 43 000) verloor nie.

Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. (Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel, terwyl die Springbokke die enigste onoorwonne span in die kompetisie is.)

Die bestuurder van Mbombela-stadion, Roelf Kotze, vertel hoe die logistiek op 28 September gaan werk.

Luister weer: https://iono.fm/e/1481200

Sien ook: Adrenalien laat voete jeuk


×