100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Trop leeus weer terug in Krugerwildtuin

Written by on September 13, 2024

‘n Trop leeus wat Woensdag uit die Krugerwildtuin ontsnap het na Ngwenya Lodge, is weer terug in die wildtuin.

Twee welpies het dit egter nie gemaak nie en het glo weens die spanning van die skuiwingsoperasie gevrek.

SANParke het bevestig dat die sewe leeus tans by ‘n plek van veiligheid aangehou word.

Hulle sal slimhalsbande ontvang om hul bewegings en gedrag te monitor wanneer hulle in hul nuwe tuiste, wat nog nie bevestig is nie, hervestig word.

Leeus ontsnap weer uit wildtuin – 12 September

Nege leeus is gister by Ngwenya opgemerk, en na ure suksesvol teruggeneem na die Krugerwildtuin – net om weer te ontsnap.

Ike Phaahla van die wildtuin sê hulle is jong leeus, en duidelik onder druk vir hulpbronne in die wildtuin.

Hulle vergader tans met die MTPA oor wat hulle volgende te doen staan.

Luister:

Lees ook: Saru waarsku teen twyfelagtige webblaaie vir Bok-kaartjies in Mbombela


×