100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

41 vas vir mensehandel en oortreding van Immigrasiewet

Written by on August 13, 2024

41 buitelandse burgers het gister in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van mensehandel en oortreding van die Wet op Immigrasie.

Volgens die Valke sluit dit 10 kleuters en 10 vroue in, wat vandag weer in die hof sal verskyn.

Twee taxi-bestuurders en die bestuurder van ‘n bakkie wat die mense van Mosambiek vervoer het, is ook aangekeer.

Hulle was na vermoede onderweg na Johannesburg toe hulle Vrydagaand by Kaapmuiden aangekeer is.

Die manlike beskuldigdes verskyn weer op 20 Augustus in die hof.

Sien ook: Motoris tref glo leeu in wildtuin


×