100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas derde op Curriebeker punteleer na vier rondes

Written by on July 30, 2024

In ‘n Curriebeker-wedstryd wat 92 punte opgelewer het, het die Airlink Pumas Sondag die Suzuki Griekwas met 66-26 oorrompel by Mbombela-stadion.

Die span van Mpumalanga het nege drieë gedruk – terwyl die besoekers tot vier beperk is, wat tog aan die Griekwas ‘n bonuspunt besorg het.

Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt oor hul kragmeting Saterdag tuis teen die Haaie.

Luister:

Ná vier rondes het die Bulle 18 punte, ’n driepuntvoordeel bo die Cheetahs en Pumas wat albei op 15 staan.

Sien ook: Lighthouse Church bied gemeenskap vir 100 kinders


×