100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Areas wat brand tot provinsiale rampgebiede verklaar

Written by on July 18, 2024

Die Mpumalanga regering het die dele van die provinsie wat die afgelope twee weke erg deur brande geraak is, as provinsiale rampgebiede verklaar.

Die versoek is vroeër die week deur die DA gerig.

Tersia Marshall van die party sê hul versoek was sodat die grondeienaars wat skade gely het, regeringshulp kan ontvang.

Die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond en omgewingsake, Nompumelelo Hlophe, het bevestig die tegniese assessering om die omvang van die skade te bepaal, is afgehandel.

Marshall het die department geloof vir sy spoedige optrede.

Intussen het AfriForum se Nelspruit-tak ’n skenking ter waarde van R5 000 in die vorm van water, energiedrankies, lemoene en energiestafies aan die Laeveld-brandbestrydersvereniging (Lefpa) gemaak.

Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, werk  Lefpa ononderbroke aan brandbestryding in dié streek.

“Gemeenskapsondersteuning vir mense wat op grondvlak aktief betrokke is in die afweer van ’n natuurramp waardeur mens, dier en die omgewing geraak word, is van kritieke belang,” sê hy.

André Scheepers van Lefpa het verlede gesê hulle verwag dat dit nog ‘n lang brandseisoen gaan wees.

Luister hier:

Ergste brande in lang tyd woed in Laeveld

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om ook by te dra tot die ondersteuning van Lepfa en ander nooddienste wat onverpoos werk om die streek veilig te hou.


×