100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie brande woed voort in Laeveld te midde van baie hoë brandgevaar

Written by on July 12, 2024

Die Laeveld-brandbestrydersvereniging (Lefpa) beveg steeds drie uitdagende brande.

Volgens André Scheepers van Lefpa is hulle in die Bosbokrand-, Kaapsehoop- en Machadodorp-areas.

Hy sê dit word aangedryf deur die wind te midde van warm, droë toestande met die bandgevaar-indeks wat vandag “baie gevaarlik” is.

Sewe helikopters en vier vastevlerk-vliegtuie sowel as verkenningsvliegtuie word ingespan.

Scheepers sê hulle verwag nie verligting tot ten minste volgende naweek nie.

Luister weer:

Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.

Luister ook: Ergste brande in lang tyd woed in Laeveld


×