100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Premier kondig nuwe kabinet aan

Written by on June 18, 2024

Die nuwe premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het slegs vier LUR’e van die vorige administrasie in sy kabinet gehou.

Hy het die poste vanoggend na sy inhuldiging aangekondig.

Sasekani Manzini bly aan as LUR vir Gesondheid.

Bonakele Majuba skuif van onderwys na finansies.

Lg. staan nou weer apart van ekonomiese ontwikkeling en toerisme wat voortaan gelei word deur die vorige speaker, Makhosazane Masilela.

Nompumelelo Hlophe skuif van dié dubbele portefeulje na landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake.

Speedy Mashilo bly by die Departement van Menslike Nedersettings en kry samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) by.

Cathy Dlamini is die nuwe LUR vir die Departement van Onderwys.

Thulasizwe Thomo, die provinsiale voorsitter van die ANC-jeugliga, neem oor by Ndlovu by openbare werke, paaie en vervoer.

Khesani Macie is nuut by gemeenskapsveiligheid, Fana Mlombo by kultuur, sport en ontspanning en die burgemeester van Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit, Brenda Moeketsi, staan voorts in beheer van maatskaplike ontwikkeling.

Die DA het grootliks die nuwe kabinet verwelkom vir die insluiting van ervare politici, maar het kapsie aangeteken teen die behoud van enkeles.

Bosman Grobler sê Manzini gaan die gesondheidsektor verder vernietig en Mashilo behoort nie met ‘n belangrike portefeulje soos Cogta vertrou te word nie, want hy kon reeds as LUR van menslike nedersettings nie teikens behaal nie.

Bosman sê Cogta kan ‘n sleutelrol speel om die algehele ineenstorting van munisipaliteite in Mpumalanga af te weer.

Sien ook: Mandla Ndlovu as Mpumalanga premier verkies


×