Waarskuwings gerig oor Paasnaweek-verkeer
Written by Mireille on April 15, 2025
Die provinsie verwag ‘n beduidende toename in verkeersvolumes die Paasnaweek.
Paasfees is een van die besigste reistydperke van die jaar op die N4-tolroete tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo en TRAC is gereed met verbeterde maatreëls om die toestroming tussen Suid-Afrika en Mosambiek te bestuur.
Volgens historiese data sal spitstye Donderdag tussen 12:00 en 21:00 wees, Vrydag 06:00 tot 15:00 en weer Maandag vandaf 09:00 tot 21:00.
Hoewel TRAC nie grensbedrywighede bestuur nie,werk hulle saam met amptenare by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte om verkeer te bestuur met naamborde en ander maatreëls.
Daar sal ook twee padblokkades in plek sal wees: Een by die Coopersdal-kruising en die ander by KM 7/Strydomblok.
Reisigers word wel aangemoedig om vooruit te beplan om vertragings te vermy.
TRAC bied 24-uur bystand aan motoriste. In noodgevalle, kontak TRAC by 0800-87-22-64 tolvry of 082-881-4444 via WhatsApp en 800 9022 in Mosambiek.
Die Mpumalanga regering loods môre sy Veiliger Paasfees-veldtog op die N4 by Alkmaar buite Mbombela. Veiligheidsmaatreëls sal oor die langnaweek verskerp word om ongelukke op die provinsie se paaie te voorkom.
Die Premier, Mandla Ndlovu, sal ook amptelik 50 nuwe verkeersvoertuie oorhandig en ‘n multidissiplinêre operasie lei met vervoerinspekteurs, verkeersbeamptes en polisielede.
“Ons doen ‘n beroep op alle padgebruikers om by die verkeersreëls te hou,” sê Ndlovu. “Ons doen ‘n beroep op hulle om ruskanse te neem om uitputting agter die stuurwiel te voorkom.
“Ons moet almal by ons bestemmings aankom.”
Die nasionale regering het die Paasnaweek-padveiligheidveldtog verlede maand bekendgestel as deel van sy 365-dae Padveiligheidprogram.
ʼn Woordvoerder van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, Nokululeko Mtshali:
Luister:
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement sal as deel van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog hul pogings tot 2 Mei verskerp.
Altesaam 335 sterftes is in die 2024-Paasnaweek aangemeld teenoor 252 in 2023.
Creecy sê hulle sal op belangrike roetes fokus waar bykomende polisiëring nodig is.
Luister:
Die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder doen ook ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om verantwoordelik op te tree.
Die uitvoerende beampote van die MER, Vusi Mtsweni, sê Paasfees is ‘n tyd vir nadenke en samesyn, nie tragedie nie, en oormatige alkoholverbruik en onverantwoordelike dobbel hou ernstige bedreigings in vir openbare gesondheid, veiligheid en mense se finansiële welstand.
Luister:
SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin gevra om hierdie Paasnaweek vooraf aanlyn te bespreek weens verwagte hoë getalle.
Kwotas by hekke en tydgleuwe sal ingestel word, en bykomende amptenare sal besoekers se spoed en gedrag in die wildtuin monitor.
Hy beklemtoon voertuie sonder nommerplate sal toegang geweier word. Hy bepleit samewerking, veiligheid en respek vir die park se reëls vir ‘n aangename besoek die langnaweek.