SANParke-man breek glo in by polisie stoorkamer in Skukuza
Written by Mireille on February 5, 2025
‘n Amptenaar van SANParke is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ingebreek het by die stoorkamer van die polisie se Veediefstal- en Bedreigde Spesieseenheid in Skukuza.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, is die stoorkamer op 23 Januarie oopforseer en ‘n houer is oopgebreek.
Verskeie items is gesteel, waaronder misdaadtoneelsakke, stelle messe en skoonmaakmiddels.
Johannes de Beer (52) is gister aangekeer en hy het vandag in die Masoyi-streekshof verskyn.
Luister:
Hy is borgtog van R1 000 toegestaan en moet op 10 Maart weer in die hof verskyn.
Ike Phaahla, ‘n woordvoerder van SANParke, sê De Beer het intussen bedank.
Luister:
Die motief vir die diefstal is onbekend.
Sien ook: Lily-myn tragedie vandag herdenk