100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

16 Mosambiekse vroue gevonnis vir oortreding van Immigrasiewet

Written by on August 14, 2024

Sestien Mosambiekse vroue is gister in die Barberton-landdroshof skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van die Wet op Immigrasie.

Volgens die Valke was hulle na vermoede onderweg na Johannesburg toe hulle Vrydagaand by Kaapmuiden aangekeer is sonder paspoorte of permitte om in die land te wees.

Hulle is elkeen met R2 000 beboet of ses maande tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Die hof het verder gelas dat hulle dadelik na Mosambiek gedeporteer word.

Die 15 manlike beskuldigdes wat saam met hulle aangekeer is, verskyn weer op 20 Augustus in die hof.

Sien ook: Wildtuin vra besoekers om diere reg van weg te gee na besoeker leeu stamp


×